Tarot cards, rewards and psychic readings have all become part of the daily updates on the case of missing Joslin Smith (7).
There seems to still be no trace of Joslin, who has been missing since last week. While it seems some are using social media to share conspiracy theories on Joslin’s disappearance, the Grade 1 learner’s case has also lead to an outpouring of care and support.
Poet Bernard Fielies shared this poem for Joslin on social media. In the past Fielies has also been inspired to write on other current affairs, such as the road accident in Mitchells Plain in May 2023.
Joslin Smith, kom huis toe
Bernard Fielies
liefste Joslin Smith, mooie groenoog-kind,
waar sal jy jou op hierdie oomblik bevind?
ons kruip voor U HERE, in smart se sweem
en smeek U om ons tog na haar te neem
die hele Suid Afrika is hard geskud
en saam met Saldanhabaai sal ons bid,
dis al lank en ons skoene is deurgeloop,
maar in ons soektog behou ons nog hoop . . .
Joslin Smith liewe kind, kom huistoe nou,
want ons sukkel om te staan sonder jou,
ons roep jou naam en die pyn slaan ons plat
en ons trane het al elke straat benat...
oor Diazville Primêr skyn die son nie meer
en jou klaskamer is met koue ingekleur,
elke pouse is sonder baljaar en gelag,
waar maatjies vir jou op die speelterrein wag . . .
liefste Joslin Smith, waar kan jy tog wees?
ons verdwaal bedroef, maar voel jou vrees,
in die duisternis hoor ons jou snikkend smeek
en na vele dae wil die dag nog nie breek
in verbeelding gewaar ek ons geroep verstil,
toe Joslin se stemmetjie die lugruim vul,
ek droom hoe kom ons haar vrolik tegemoet,
soos sy ons met haar mooiste glimlag begroet
engelkind, ek kan sien hoe kom jy terug,
terwyl jou glinsterende ogies ons verlig,
ek sien hoe jy huppelend vir ons wink,
waar blydskap deur donker wolke weerklink . . .
HERE, na soveel dae sal ons aanhou roep
en U steeds vertrou op genade se stoep,
ons sal aanhou klop oral waar ons gaan
en as U oopmaak, sal Joslin daar staan . . .